Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan. Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees. Franja het haar goue..
Continue reading…
Franja du Plessis se album bereik goue status
Enjoyed this post? Share it!
Sharoney die borrelende sangeres gee om!
Die borrelende sangeres, Sharoney, sit nie stil nie. Sy het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing en het ook gedurende 2017 haar tweede album getiteld, Skyn, uitgereik.
Die eerste twee enkelsnitte vanaf hierdie album, Skyn en Toe gaan jy weg, het op die trefferparades geboer en die baie inspirerende musiekvideo van Skyn kan steeds gereeld op verskeie televisie kanale gesien word.
Sharoney wag nie vir geleenthede om haar pad langs te kom nie. Sy gaan soek dit en laat die dinge gebeur! Sy is gereeld op die verhoog te sien en toer al sedert die uitreiking van haar debuut-album, In Ons Fairytale, die land plat!
Haar paaie het onlangs met die van Rex van Deventer van Entertainment & Event Factory gekruis en hy het haar van Dare to Care vertel. Sy het onmiddellik geweet dat sy by hierdie inisiatief betrokke wil raak.
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!