Die hele gesin welkom vir skoon, eerlike Pret! Come join us for a day of fun at our Family Festival!
Date:- 2 – 3 March 2018
Time:- From 16:00 until 23:00
Continue reading…
Die hele gesin welkom vir skoon, eerlike Pret! Come join us for a day of fun at our Family Festival!
Date:- 2 – 3 March 2018
Time:- From 16:00 until 23:00
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Caroline-Grace Brüssow glo dat musiek die vermoë het om die siel te raak, waar woorde nie kan nie, en haar eie sangstyl is ’n getuigskrif hiervan. Dit is ook hierdie sielvolle benadering wat beoordelaars en kykers gaande gehad het, tydens die tweede seisoen van The Voice SA, waar sy in die top-vier van die kompetisie geëindig het.
Haar eerste enkelsnit, Ek bid vir jou, is pas bekendgestel en beloof om nóg meer musiekharte te verower.
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Die lang wag is uiteindelik verby! Die organiseerders van Afrikaans is Groot voeg die daad by die woord, en soos beloof kan jy nóú jou kaartjies vir Afrikaans is Groot 2018 hernu sonder die lang rye en onnodige gewag.
Die beplanning vir vanjaar se konsert is reeds volstoom aan die gang en meer betowering as ooit wag op konsertgangers.
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Jennifer Zamudio bied Hartverwant aan terwyl die vure brand en jou vleisie op die kole braai!
Datum:- 17 Maart 2018
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Kom ons ontmasker. Kom ons word sterker. Haal af jou masker, kyk wat skuil daar agter. Gee jouself vlerke, jy weet jy’t geen perke. Haal af jou masker. Wys wat skuil daar agter… is lirieke uit Verona Goslett se debuut-enkelsnit waarmee sy nie net haar siel ontbloot nie, maar ook haar ongelooflike sangtalent met die wêreld deel.
Verona, met haar strelende stem, het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.
Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Maskers, is pas vrygestel en het reeds die publiek gaande. Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly.
“Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. ..
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Die borrelende sangeres, Sharoney, sit nie stil nie. Sy het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing en het ook gedurende 2017 haar tweede album getiteld, Skyn, uitgereik.
Die eerste twee enkelsnitte vanaf hierdie album, Skyn en Toe gaan jy weg, het op die trefferparades geboer en die baie inspirerende musiekvideo van Skyn kan steeds gereeld op verskeie televisie kanale gesien word.
Sharoney wag nie vir geleenthede om haar pad langs te kom nie. Sy gaan soek dit en laat die dinge gebeur! Sy is gereeld op die verhoog te sien en toer al sedert die uitreiking van haar debuut-album, In Ons Fairytale, die land plat!
Haar paaie het onlangs met die van Rex van Deventer van Entertainment & Event Factory gekruis en hy het haar van Dare to Care vertel. Sy het onmiddellik geweet dat sy by hierdie inisiatief betrokke wil raak.
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is.
Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is. Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.
Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.
Die oor
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Steve Hofmeyr het baie om te vier. Sy 30ste album is pas opgeneem, hy het sy 11de boek vrygestel en op 53 weer pa geword. Dit is juis vir hierdie redes dat Feeslied ’n baie gepaste eerste enkelsnit vir sy nuwe album, SKREE, is. Sy dubbel-platinumalbum, Country, was in 2016 een van die topverkopers in..
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!